Toyota C-HR – Luxury opgegradeer

Die Toyota C-HR-nutsmotor is bekend vir sy Avant Garde-stilering, omvattende toerusting en ultra-verfynde turbo-aangedrewe aandrywing. Die vlagskip-Luxury-model pas ná die opkikkering in 2020 ’n aantal noemenswaardige estetiese en veiligheidsopgraderings bygekry.

Meer styl, beter sig
Die nuutste weergawe, wat op die verbeterde kop- en stertligontwerp van die opgekikkerde model gegrond is, maak gebruik van opeenvolgende rigtingwysers en unieke ligsamestel-versiering. Dramatiese Y-vormige liggidse word gekoppel aan hoëintensiewe dubbelstraal-ligdiode-lighulse met geïntegreerde dagryligte (DRL). Die misligte is op hul beurt na ligdiodes opgegradeer, wat indrukwekkende sig in die nag bied.

Die estetiese behandeling is nie net op die voorkant gefokus nie, want die stertligte het ook kosmetiese chirurgie ondergaan. ’n Dramatiese ligdiode-ontwerp met drie segmente, aangevul deur gerookte ligomhulsels en horisontale dwarsligte (wat reg oor die bagasiebak strek) help om die visuele insette te verhoog.

Die verdonkerde ligte pas perfek by die swart dakbehandeling danksy die tweekleurige buite-behandeling. Vyf opvallende kleurkombinasies – White Pearl, Passion Red, Lunar Metallic, Cosmic Blue en Inferno Orange Metallic – bied kopers wat graag gesien wil word, ’n kleur wat by hul persoonlikheid pas.

Nog veiligheidstoerusting
Die aktiewe veiligheidstelsel, oftewel Toyota Safety Sense (TSS), is opgegradeer met die toevoeging van aanpasbare spoedbeheer teen enige spoed (ACC), terwyl die baandwaalwaarskuwingstelsel (LDA) nou oor baanhouhulp-werking (Lane Trace Assist) beskik.

Baanhouhulp is ’n verdere ontwikkeling van LDA, waar die stelsel nie net onbeplande wegbeweeg uit die baan sal help vermy nie, maar ook help om die voertuig in die middel die baan te hou terwyl jy die natuurlike boog van die pad volg. Hierdie werking is benewens die bestaande voorbotsstelsel (PCS), outomatiese hoofstraal (AHB), agterkant-dwarsverkeerwaarskuwing (RCTA) en blindekolmonitering (BSM) – alles deel van die TSS-pakket.

Enjinverrigting
Die bekroonde turbo-petrolenjin van 1,2 liter gaan voort as die anker van die reeks en lewer moeitevrye oemf in die middel van die toerestrek en ryvermoë, gekoppel aan ’n palwissel (CVT)- of sesgang-handratkas. Die enjin bied 85 kW en 185 Nm oor ’n wye toerestrek en slurp net 6,3 liter per 100 km brandstof (6,4 vir die CVT). Sy CO2-uitlate is laag – 141 tot 144 g/km.

Toerusting
Toerusting is omvangryk. Die Luxe-model bied sleutellose toegang, ’n aansitterknop, outomatiese wegvoubare deurspieëls, reënsensor vir die ruitveërs en ’n outodempende truspieël. Parkeerafstandbeheer (PDC), outomatiese klimaatbeheer, verhitte sitplekke, veelinligting-skerm, raakskerm-klankstelsel met CarPlay/Android Auto-versoenbaarheid en luukse leerbinneruim (met diamantmotief) rond die kajuit af.

Die Toyota Connect-telematika en Wi-Fi-stelsel (met komplimentêre 15 GB se data) is uit die aard van die saak ingesluit.

Modelreeks en pryse
C-HR 1.2T – R 402 300
C-HR 1.2T Plus – R 436 300
C-HR 1.2T Plus CVT – R 449 300
CHR 1.2T Luxury CVT – R 519 900

Gemoedsrus
Al die C-HR-modelle word verkoop met ’n diensplan vir 6 versienings of 90 000 km (tussenposes van 15 000 km) en ’n fabriekswaarborg vir drie jaar/100 000 km. Klante kan ook ’n verskeidenheid diens- en/of waarborgtoevoegings by hul plaaslike handelaar koop.

Be the first to comment on "Toyota C-HR – Luxury opgegradeer"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*